Verskans jou risiko eerder as om prys vas te maak

11/08/2019

Oorweeg jy om Julie 2020 mielies vas te maak

Produsente wat oorweeg om Julie 2020 mielies vas te maak moet twee keer dink. Ek dink die prys is op die oomblik nie op goeie vlakke nie en 'n produsent verhoog sy risiko indien hy wel vas maak op hierdie vlakke.

Verskans jou risiko

Risikoverskansing is in my opinie, die belangrikste deel van mielieproduksie in Suid Afrika. Dit is n insetkoste net soos kunsmis, saad, huur, bewerking, ens, wat ons spandeer om n oes te maak wat meer werd is as die inset.

Reg aangewend waarborg risikoverskansing vir jou n inkomste per hektaar. Ek wil sover gaan as om te sĂȘ: 'n produsent kan eerder 20% minder mielies plant en met daardie geld sy risiko verskans, as om alles te plant en te hoop die seisoen loop mooi.

Kontak my gerus hier vir meer detail

Kontak Petrus

Volg nie net goeie raad nie, maar 'n program wat volhoubaar is.  Dis die totale prentjie wat saak maak.  Ek stap 'n pad saam met my kliente.  Kontak my gerus en ons drink n koppie koffie saam!
Kontak Petrus
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram